Laerskool George-Suid // George-Suid Pre-Primêr // Die Akker Nasorgsentrum
Laerskool George-Suid, ‘n trotse Afrikaanse skool met ‘n ryke geskiedenis, is geleë tussen die pragtige Outeniquaberge en die Indiese Oseaan.
Ons glo dat uitnemendheid by omgee begin. Leerders kan groei en voorberei vir ’n toekoms waarin hulle hulself nie net kan handhaaf nie, maar ook ’n daadwerklike verskil kan maak. Leerders word daagliks blootgestel aan die waardegedrewe stelsel van karaktertransformasie wat ons volg.
Laerskool George-Suid is ‘n skool vir geleenthede in tye van verandering. Ons doel is om ons leerders met die volgende slagspreuk vir die lewe toe te rus: DROOM GROOT! WERK HARD! GEE OM!
Waardes van ons skool
Die etos van die skool rus op vier pilare, naamlik:
Geestelik, Akademie, Sport en Kultuur.
Ons kan met trots sê dat al vier pilare in ons skool ewe sterk staan met die gepaardgaande aanleer van die volgende waardes:
Respek, omgee, burgerskap, regverdigheid, betroubaarheid en verantwoordelikheid.
Uit die hoof se pen
Mnr. Sas du Plessis
JONG LOERIES
‘n Handtekening is eie aan jou. Niemand anders se handtekening lyk presies soos joune nie. Wanneer jy ‘n positiewe bydra maak tot iemand anders se lewe, skryf jy jou naam oor hul harte.
LEIER LOERIES
Die mooiste eienskap van diegene wie groot droom, is dat oud word nie relevant is vir die ewig-jonk van hart nie. Soos elke droom hul wegvoer op ‘n nuwe avontuur, vervaag ouderdom in die verte. Laat God toe om jou drome te gee wat jou deur ‘n leeftyd en daarna sal dra.
#VOLBLOEDLOERIES
Ons is nie net ‘n span nie, maar ‘n familie. Ons kyk met ander oë na mekaar. Lojaliteit raak sterker wanneer jy deel van ‘n familie word. Passie groei wanneer jy ‘n familie word. Nederigheid tree in wanneer jy ‘n familie word. Vertroue vestig wanneer jy ‘n familie word. Liefde vir mekaar ontwikkel wanneer ‘n span ‘n familie word. ‘n Span word ‘n familie met geloof as fondasie, eenheid as wapen, opoffering en nederigheid ‘n gegewe, en liefde die dryf.
George-Suid Pre-Primêr
#KleinLoeries
Speel is die taal van ‘n kind. Hier praat ons die taal van kinders en leer ons speel en ontdek deur musiek, sang, kuns en dans, beide binne en buite die klaskamer.
Elke jong brein het beweging nodig om te ontwikkel en daarom glo ons aan spring, swaai, klouter en bons om kognitiewe en motoriese vaardighede te bevorder.
Laerskool George-Suid se Pre-primêr bestaan uit 2 afdelings, nl.:
- Graad RR (4 klasse)
- Graad R (5 klasse)
Graad RR
Ons Graad RR-klassies is by Tuinedal gemeente op hul eie kampus. Dit is ‘n veilige, rustige omgewing met meer as genoeg spasie waar kinders kan speel, hardloop en ontdek.
Graad RR is ‘n lekker jaar van baie pret waar die meeste vaardighede terloops aangeleer word. Dit is hier waar ‘n liefde vir leer en skoolgaan ontstaan.
Graad R
Aangesien graad R die eerste jaar van ‘n kleuter se lewe is wat hy/sy by ‘n meer formele program moet inskakel, wil ons dit graag vir hulle so prettig moontlik maak. Daarom is ons leuse: “Speel-speel leer ons.”
Die doel van graad R is om kleuters die geleentheid te gee om in totaliteit te ontwikkel, naamlik sosiaal, emosioneel en kognitief. Dit is die voorbereiding vir Graad 1.
Tydens hierdie jaar is dit al moontlik om leerders met leerprobleme en ontwikkelings-agterstande te identifiseer en na betrokke terapeute vir ondersteuning te verwys.
Nasorgsentrum
Die Akker Nasorgsentrum bied eksklusiewe versorging na skool-ure aan ingeskrewe Laerskool George-Suid leerders. Na die laaste skoolklok lui, word nasorgleerders in ‘n rustige omgewing gehuisves. Die meeste ouers werk voltyds en druk om saans die gesin te versorg en huiswerk te doen, kan ‘n bekommernis word.
Ons bied die volgende:
- Gekontroleerde naskoolse studie onder voltydse toesig.
- Verrykkingsprogramme vir kinders.
- Noodhulp: Vlak 3
- ‘n Veilige speelterrein.
- Toegang tot alle sportaktiwiteite op die skoolterrein.
Follow us on Facebook
Youtube